Ek is ‘n Afrikaner

Ek is ‘n Afrikaner, en ‘n boer dit sal ek bly.
Al noem jy my ‘n bliksem, deur watter oog kyk jy?
Want, tye het verander en vir ander staan dit stil.
So, noem my nie verlore nie – as dit pla, sluk nog ‘n pil!
Ja ek’s van Afrika. ‘n Afrikaner sal ek bly.

Nou vra my waar’t ek grootgeword,
en se my waar het jy?
Die verlede het my goed geleer,
nou vertel my, waar staan jy?

Blameer jy my vir alles
(dit pis my af)
en se ek pas nie in
(dit pis my af)
Of, sal jy ook verander,
dat ons saam weer kan begin?

Ek is ‘n Afrikaner, en ‘n boer dit sal ek bly.
Al noem jy my ‘n bliksem, deur watter oog kyk jy?
Want, tye het verander en vir ander staan dit stil.
So, noem my nie verlore nie – as dit pla, sluk nog ‘n pil!
Ja ek’s van Afrika. ‘n Afrikaner sal ek bly.

Identiteit is nie verlore nie,
ek weet van waar ek kom.
Jy kan my nie vergeet nie,
ons is saam in hierdie tydbom.

Ek is ‘n Afrikaner, en ‘n boer dit sal ek bly.
Al noem jy my ‘n bliksem, deur watter oog kyk jy?
Want, tye het verander en vir ander staan dit stil.
So, noem my nie verlore nie – as dit pla, sluk nog ‘n pil!

Ja ek’s van Afrika. ‘n Afrikaner sal ek bly.

Ek is van Afrika, en Afrika is binne my.

Tags:

About Gerrie Coertzen

Writer, marketer and sometimes an artist.

My social media updates

Connect to my social media accounts

No comments yet.

Leave a Reply